MINNETTE NIEUWOUDT

Die Septemberreses is vir die meeste studente ‘n geleentheid om hul klaswerk op te vang, maar vir party beteken dit egter net een ding: Aardklop. Die Aardklop Nasionale Kunstefees se hoogtepunt vir musiekliefhebbers is die OppiAarde rock-fees wat hierdie jaar op Saterdag 2 Oktober in Potchefstroom plaasgevind het.

OppiAarde het afgeskop met die akoestiese groep Allan John. Hulle het diegene wat braaf genoeg was om die middagson te trotseer met hul funky musiek vermaak. Die gehoor het amper vuisgeslaan om ‘n eksemplaar van die groep se nuwe CD te kry en ‘n paar het selfs hul hemde uitgetrek om hul ondersteuning te wys. Allan John het die pas aangegee vir groepe soos Zebra and Giraffe, Taxi Violence en Tidal Waves.

Die Afrikaanse groepe het feesgangers op hul voete gehad. Winterstasie toe Glaskas en later Straatligkinders sowel as Die Heuwels Fantasties en “the man behind the cap” Jack Parow het om die beurt die skare vermaak. Jack Parow het vermaak tot die next level geneem toe hy op die verhoog verskyn in ‘n blonde pruik, sonrok en ‘n masker van Juanita du Plessis op sy gesig. Niemand het verwag om “Juanita” te hoor “Skarumba” sing nie, maar Parow se waaghalsigheid het die skare in stukke gehad. Dit is seker waarom al die groepe met wie Perdeby gesels het saamstem: Jack Parow veroorsaak ‘n opskudding. Hier volg nog ‘n paar van hul antwoorde:

BOO!

Wat was die eerste CD wat julle gekoop het?

Ampie Omo: Ons is so jonk ons het plate gekoop. Daar was nog nie CD’s nie. Ek dink myne was Briek Dance van Leon Schuster. Ek het drie naweke gras gesny om geld te spaar. Dit was R11,99.

Watter Afrikaanse kunstenaar beïnvloed julle musiek?

Chris Chameleon: (lag) Ek laat my nie beïnvloed nie!

Hou julle van Zef-musiek?

Boo!: Ja, ons dink nie ons is cooler as dit nie.

Hoe verskil die gehoor in Potch teenoor dié in Pretoria?

Boo!: Hulle verskil soos die Luiperds en die Griffins [rugbyspanne.] Daar is nie ‘n groot verskil nie.

Wat wou julle gewees het toe julle nog in die kleuterskool was?

Ampi Omo: ‘n Sjef in die army. Ek sou elke aand Spaghetti Bolognaise gemaak het.Chris Chameleon: Toe ek in die kleuterskool was wou ek flippen graag in die laerskool wees.

Riaan van Rensburg: ‘n Drummer.

Julle album The Three of Us word nou in Oktober vrygestel. Wat kan fans verwag?

Moet liewers niks verwag nie – verwagting is die moeder van teleurstelling. Hulle moet dit net geniet.

Die bekendstelling is op 15 Oktober by Montecasino in Fourways. Wat voer julle in die mou?

As ons vir julle ‘n voorsmakie gee, sal dit nie ‘n verrassing wees nie. (Perdeby het egter op die groep se webtuiste www.booband.com gelees dat daar vuurdansers, jugglers en mimiekkunstenaars gaan wees. Daar gaan ook ‘n gratis vertoning van BOO! om 20:00 in die buitelig Piazza gehou word.)

Glaskas:

Wat was die eerste CD wat julle gekoop het?

Steps, Nickelback se Silver Side Up en Simpsons Sing the Blues.

Watter Afrikaanse kunstenaars beïnvloed julle musiek?

Jan Blohm, die hele Voëlvry-beweging en die ouens wat nou saam met ons in die bedryf is soos Straatligkinders, Éf-Él en Klopjag. Die up and coming ouens wat uit Rockspaaider uit kom soos Alleen na Desember het ook ‘n invloed. Dit is wat jou motiveer om ‘n bietjie verder te

eksperimenteer. Almal is relevant omdat die bedryf redelik klein is en almal doen iets wat nogals cool en anders is.

Wie sorg tans vir ‘n opskudding in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf?

Ekhouvanjou,okay! (elektro-band van Potch)

Watter rol speel webtuistes soos Facebook, MySpace en Twitter vir julle band?

Dit is soort van essential deesdae. Facebook is ‘n vinnige manier om kontak met die fans te hê. Hulle kan dit eerste, direk van die band hoor: hulle hoef nie in ‘n tydskrif te lees wat het ons tweedehands gesê nie. Webtuistes soos Twitter hou ons ook weer op datum wat met die res van die bedryf

aangaan. Ons is baie bevoorreg om in so ‘n era te lewe waar ons so direk met fans kan interact. So ons doen self die updates.

Julle was hierdie jaar ook by die KKNK, hoe vergelyk dit met Aardklop?

Aardklop is ‘n meer kompakte fees, alles is meer sentraal. Jy kan oorals heen loop en dis cool. Oudtshoorn is ook ver om te ry. Altwee is ‘n lekker party, maar elk het sy eie gees.

Hoe word jul nuwe album Aan die Ontmaskerde Heldin deur jul aanhangers ontvang?

Die meeste mense hakkel wanneer hulle dit uitspreek, ons is ‘n bietjie hartseer daaroor want ons het dit nie so bedoel nie. (lag) Ons kry goeie reaksies daaroor, ons kry lekker comments op Facebook. Die een meisie het gesê sy het twee [kopieë] gekoop, een vir haar kar en een vir haar huis.

Straatligkinders:

Wat was die eerste CD wat julle gekoop het?

The Offspring se Smash en Rage Against the Machine.

Watter Afrikaanse kunstenaar beïnvloed julle musiek?

Glaskas, Glaskas, Glaskas.

Hoe verskil die gehoor in Potch teenoor díe in Pretoria?

Met groot shows soos hierdie is dit eintlik maar dieselfde. Met kleiner shows ken die mense in Potch on reeds, hulle steur hulle nie juis aan ons nie. Pretoria is cool, ons het altyd goeie shows in Pretoria. Lente Dag [verwys eintlik na Halfjaar-kalenderdag] was cool.

Watter rol speel webtuistes soos Facebook, MySpace en Twitter vir julle band?

Dis ‘n awesome grondslag, want dis verniet en dit trek baie mense. Basically almal het Facebook, so dis ‘n goeie manier om te komunikeer en info uit te gee. Ons update elke dag self [ons Facebook blad].

Julle was al op MK toe die naam nog MK89 was. Wat doen julle om jul musiek oorspronklik te hou?

Dit kom half baie van self. Jy ontdek nuwe musiek, jy hou van nuwe goed en jy wil dit probeer. Dis deel van grootword. Ons wil snaakser musiekvideos maak. Ons wil snaakser as Blink [182] wees!

Julle nuwe album Lank Lank Oorlede en Ses Voet Benede is ‘n paar maande terug bekend gestel. Hoe verwelkom die fans dit?

Dis awesome, ons verspreiders sê die albumverkope is baie goed. Dit is die CD wat sover nog die beste verkoop. Ons het dit nooit verwag nie.

Wat lê in die toekoms vir Straatligkinders?

Shows, baie baie shows en videos. Ons sien meer na die shows uit.

Winterstasie:

Wat was die eerste CD wat julle gekoop het?

Enrique [Iglesias] maar daarna het ek oorgeskakel na punk. Perez, Blink 182 se Enema of the State en Linkin Park se Hybrid Theory.

Hoe verskil die gehoor in Potch teenoor díe in Pretoria?

Die Pretoria scene is baie harder, meer metal word daar geluister. Dit is pretty lekker daar. Die drank is net ‘n bietjie duur. Jy drink twee [doppe] en dan sê jy maar jy moet vanaand nog huistoe ry.

Watter rol speel webtuistes soos Facebook, MySpace en Twitter vir julle band?

Facebook is groot, maar MySpace het ‘n bietjie uitgesterf.

Julle het tans 68 vriende op MySpace.

Ons weet nie hoemkom ons ‘n MySpace blad het nie, ons weet nie eers meer hoe om daar in te kom nie. Daar gaan niks aan nie. Moet nie op MySpace gaan om inligting oor ons te kry nie.

Wat wou julle gewees het toe julle nog in die kleuterskool was?

‘n Brandweerman. Ek wil net daardie trokkie bestuur. Of ‘n tolhek operator, want jy doen niks nie! Jy swipe die kaart en dan wens jy net die motoris ‘n lekker dag toe.

Julle het hierdie jaar ‘n MK Award (Beste Feat/Colab) vir “Outokrasie van die Hart” gewen. Hoe het dit gevoel om teenoor groot name soos Die Heuwels Fantasties, aKING en Tamara Dey te wen?

Ons het dit glad nie verwag nie! Toe hulle vir ons gesê het dat ons genomineer is, het ons gedink dit is darm oraait. Dit is klaar ‘n prestasie om net genomineer te word. Maar toe ons die SMS van ons manager kry dat ons gewen het, het ons eers gedink dis ‘n practical joke. Dis is egter pretty cool dat ons gewen het. Dis ‘n groot voorreg.

Wat lê in die toekoms vir Winterstasie?

Die nuwe CD Klanke van Antieke Beproewing kom binnekort uit. Die MVP video behoort teen 1 November uit te wees. Ons is heavy excited daaroor. Die video is reeds geskiet, dit moet nog net vrygestel word. [MVP is die Musiekvideo-projek kompetisie van MK. Winterstasie se “Los My” is genomineer om R50 000 vir die produksie van ‘n musiekvideo te ontvang.]

Hoe word jul nuwe album Aan die Ontmaskerde Heldin deur jul aanhangers ontvang?

Die meeste mense hakkel wanneer hulle dit uitspreek, ons is ‘n bietjie hartseer daaroor want ons het dit nie so bedoel nie (lag.) Ons kry goeie reaksies daaroor, ons kry lekker comments op Facebook. Die een meisie het gesê sy het twee [kopieë] gekoop, een vir haar kar en een vir haar huis.

Straatligkinders:

Wat was die eerste CD wat julle gekoop het?

The Offspring se Smash en Rage Against the Machine.

Watter Afrikaanse kunstenaar beïnvloed julle musiek?

Glaskas, Glaskas, Glaskas.

Hoe verskil die gehoor in Potch teenoor dié in Pretoria?

Met groot shows soos hierdie is dit eintlik maar dieselfde. Met kleiner shows ken die mense in Potch ons reeds, hulle steur hulle nie juis aan ons nie. Pretoria is cool, ons het altyd goeie shows in Pretoria. Lentedag   [verwys eintlik na Halfjaar- kalenderdag] was cool.

Watter rol speel webtuistes soos Facebook, MySpace en Twitter vir julle band?

Dis ‘n awesome grondslag, want dis verniet en dit trek baie mense. Basically almal het Facebook, so dis ‘n goeie manier om te komunikeer en info uit te gee. Ons update elke dag self [ons Facebook-blad.]

Julle was al op MK toe die naam nog MK89 was. Wat doen julle om jul musiek oorspronklik te hou?

Dit kom half baie vanself. Jy ontdek nuwe musiek, jy hou van nuwe goed en jy wil dit probeer. Dis deel van grootword. Ons wil snaakser musiekvideos maak. Ons wil snaakser as Blink [182] wees!

Julle nuwe album Lank Lank Oorlede en Ses Voet Benede is ‘n paar maande gelede bekendgestel. Hoe verwelkom die fans dit?

Dis awesome, ons verspreiders sê die albumverkope is baie goed. Dit is die CD wat sover nog die beste verkoop. Ons het dit nooit verwag nie.

Wat lê in die toekoms vir Straatligkinders?

Shows, baie baie shows en video’s. Ons sien meer na die shows uit.

Website | view posts